Alberton Lewens Sentrum

LewenSentrum ontstaan met die openingsdiens van Alberton LewenSentrum op 10 Oktober 1999. Dit was die fisiese geboorte van die nuwe gemeente.

Andries Enslin, was ‘n pastoor in ‘n AGS-gemeente. Hy het van sy bekeringsdae af die begeerte gehad om ‘n gemeente te begin. Ongeveer 1995 het hy dit oorweeg om in Alberton ‘n gemeente te begin.

LewenSentrum is nie verbonde aan enige denominasie nie. Ons is ‘n interkerklike onafhanklike gemeente. Die rede hiervoor het te doen met ons bedieningsfilosofie en ons toekomsdrome. Ons begeer om in die toekoms meer gemeentes met dieselfde filosofie te begin.